Christians, Susanna * 06.10.1943, Koës † . Ek, Susanna Christians, is gebore 06.10.1943. My ouers was Luthers en ek is Luthers gedoop. Ek is Veldskoendraer (?Hawoben). Ek is die enigste kind van my ma, die ander twee het gesterwe. Van my pa se kant het ek twee broers (wat altwee oorlede ist) en een sisterEk het in Keetmanshoop by die AME skool toe gegaan my onderwysers was: Mr. Pieters, Mr. Hendrik Witbooi, Sam Appolos, Pastoor Christians, Die Pastoor Niclas Christians van SA, hy was opvolger van Sed Thomas. Vanaf Sub A tot by Std. 3. Ek het by my antie Elisabeth Labert-Loth. In Juli maand (ongeveer 1957) in Std. 4 is ek huis toe. Nadat ek skool gelos het, het ek saam met my familie na Koës getrek en ek het nie ingewillig om weer skool toe te gaan nie. (sy gebly. was my onderwysers. Die AMEC Pa: Ernst Christans (van Warmbad) * 1917 † 2002 Ma: Sarah Plaatjie (ek kan nie die stamgeskiedenis onthou nie, en weet ook nie van watter deel van die familie Plaatjie ek afstam). * 1924 † 2006 1952 schooling in Keetmanshoop 1960 confirmed in Koës 1963 Bybelskool in Otjimbingwe 1964 work in congregation Okahandja 1965 womenswork in Keetmanshoop 1967 congregation work in Swakopmund/Walfishbay 1970 Fébé-Seminarie in Otjimbingwe 1972 Okombahe huishoudsskool 1975 gemeentewerkster in Koës 1978 work in Germany 1983 work in zentrum in Berseba 1988 married and no employment in church 1989 gemeentewerkster in Leonardville 1993 worked in the youth and womens office of the ELCRN in Okahandja, theological in-service-training in Windhoek Ordained 30.01.1994 in Windhoek by Bishop Ngapurue. 1994 as pastor in Berseba 1997 as pastor in Koës 2003 as pastor in Hoachanas 2008 retired Ons het hier in Koës en op die plase, waar my pa gewerk het, opgegrooi waar ons saam in dieselfde huis gebly het. Hier in Koës is ek in 1960 aangeneem. My broers en my suster is ook hier aangeneem. Ons het daar op die ou-lokasie gebly, waar ou Andries nou vandaan gekom het (Ou Andries op die Foto van Koës, met wie HMM koffie by die Boere eetplek gedrink het). Toe my pa by die Garage werk gekry het, het ons in 'n blik-huis gebly. Daarna het hulle steenhuise gekry waarin hulle gebly het. Toe my pa nie meer gewerk het nie, moes hy mos toe uit daardie huis trek. Omdat ek vir die Kerk gewerk het, het ek toe 'n huis gekry (heeltemaal onderkant). Die huis het ek toe later gekoop, maar ook weer verkoop, omdat ek van die Kerk op verskillende plekke geplaas ist. Toe my pa gesterf het - dit was baie later as die dood van my ma - het ek mos by die pastorie gebly. My ma het gesterf terwyl ons daar by die eerste huis was. Naar haar aanneming het sy op twee plase gewerk. Terwyl sy op die tweede plaas was het ek van die Bybelskool verneem. 1963 het ek na die Bybelskool in Otjimbingwe toe gegaan. Daarna het ek in 1964 in Okahandja in die gemeente begin werk. Mr. Wienecke het toe gesoek na medewerksters by die Jeugwerk van die ELK. Saam met my het gewerk: Sister Alma Gertse, met Adolf Gustaa en pastoor Samuel Beukes en Frederika (ek onthou nie meer die van nie). Ons het daar Evangelisasie (sendeling Albath het ons saam gevat na die Outjo wereld, Gochas en Aranos), Kinderjeugwerk, Kindergodsdiens en Vrouewerk. Ek het skaars 6 maande daar gewerk. Darnaa het sister Eva gevra dat ons vir die Vrouewerk na Keetmanshoop moet kom. Vir een jaar en ses maande het ek in Keetmanshoop gebly. Darnaa het ek na Gibeon vertrek. Daardie tyd het ek gedink ek gaan trou, maar ek het nie getrou nie. 1967 het ek na Swakopmund getrek. Van Swakopmund is ek na Walfishbay verplaas. Eers in Swakopmund/Walfishbay (met pastoor Moritz) het ek geleer om gemeentewerk te doen. Daar het ek toe die behoefte gevoel om verdere opleiding te kry. Daarom het ek aansoek gedoen om Fébé-Seminarie toe te gaan. 1970 het ek toe by Fébé-Seminarie aangesluit. 1972, na die kurses is ek geplaas op Okombahe vir die huishoudsskool. Daar het ek saam met sister Erna twee jaar gewerk. In 1974 sou ek eintlik na Karibib verplaas word, maar iets het met die briefe verkeerd geloop en ek het by Koës uitgekom. Hier in Koës het ek 1975 met pastoor Andries Isaak in die gemeente gewerk. 1978 was ek benoem om op die verkiesings-kommissie te werk om 'n kandidaat vir die nuwe Preses te find, as navolger van Lukas de Vries. 1978 het ek na Wuppertal-Barmen vir 'n veesdag gegaan. Daar het die duitse Pastoor Lautenbach my aangespreek om iewers te leer. Hulle het my toe vir twee jaar in Wuppertal gehou en my oorals rondgestuur in gemeentes wat partnership gehad het met gemeentes in kring Keetmanshoop. Daar het ek 'n bietjie geleer om Duits te praat. In daardie tyd het ek vir een maand na Irland gegaan. 1983 het ek terug gekom en het ek Berseba toe gegaan, in dieselfde zentrum waar Pastoor Albath was. Daardie tyd was ek nie getroud nie. In my werk was ek verantwoordelik vir die hele Namibia om in die gemeentes die Evangelisasie te bevorder. 1988 het ek getrou en van die zentrum weggegaan. Vir een jaar het ek verlof gevat. 1989 het ek Leonaardville toe gegaan, waar ek die hele gemeente gelei het, want daar was nie 'n pastoor nie (en ook nie Evangeliste nie) en ek was geroep om die gemeentewerk te doen. Voor dat ek op Leonardville gekom het, was daar die Evangelis Jan Keister. Alhoewel ek al die pastoor-jas gedra het (want die gemeente het daarop aangedring dat ek die pastoor-jas moes dra om my uitteken as die persoon wat die gemeente ly), was ek as gemeente-sister nie toegelaat om die sakramente uit te deel. Daarvoor het ek altyd pastore van die omgewing na Leonardville uitgenooi. Aangesien dit die eerste gemeente vir my was wat ek bedien het, was dit vir my 'n groot ondervinding. As ek reg onthou het ek ongeveer R54 per maand gekry, maar dit was nie die salaries van 'n pastoor nie. Salinde Xoagus het ook dieselfde werk soos ek gedoen in Fransfontein. Daar was ook hier en daar dames wat hierdie werk gedoen het. Ek was nie pastore-konferensies toe nie, ek was mos nie pastoor nie. Ek glo ons was na die Synodes uitgenooi. Ek was tweekeer lid van die kerkbestuur. Ek was drie jaar in Leonardville, dan het die kerk my gevra om na Okahandja te gaan as direktriese. Daar het ek met pastoor Hatani Kisting gewerk. Ek het daar net een jaar gebly, maar in daardie tyd het ek in-diens pastore opleiding gedoen. Ons was 7 dames wat daardie opleiding in Windhoek gekry het, by die Kapita multipurpose-zenter. Dan is ons sewe dames, saam met pastoor Kuvare (hy is oorlede)[Uaepapi Silas Kuvare, see Database], op 30. January maand 1994 georden, deur acting biskop Ngapurue (dean van die Suide). Kort na die ordonasie is ek na Berseba as pastoor verplaas. In Berseba was daardie tyd nie meer Evangeliste nie, maar ek onthou Evangelis Kaulinge, hoe daardie tyd nog Evangelis erens was. In Berseba het ek drie jaar gebly en toe het ek vir verplasing gevra na Koës, want my pa was al toe baie siek (met Rheumatik) en terwille van my pa wou ek hiernatoe kom. En hier in Koës het ek vanaf 1997 vir sewe jaar as pastoor gedien. Toe het ek familiere probleme gekry, want as jy so in 'n dorp bly waar amper almal familie is, moet jy elkeen versorg. Nadat my pa oorlede was het ek om verplasing na Hoachanas gevra en daar nog 5 jaar gedien en dan afgetree. Ek is 2008 afgetree, in Hoachanas. Hier doen ek nog altyd dienste. Ons het hierdie jaar 'n pastoor gekry nadat ons 'n tyd sonder een was. Maar selfs nou word ek nog gereeld gevra om uittehelp, bv. by nagmaal en as hy uitry plase toe, dan doen ek die dienste op een plek terwyl hy aanry na 'n ander plek. Nog altyd kom mense om te vra om te kom help, maar nou het ek geen verdere inkomste behalwe my pensioen. Die ou vroue van Duitsland wat my ondersteun het, is ook almal oorlede. Ek kry net die oues-pensioen van die regering en as dit kan kom iets van die kerk. Ek moet maar net aanvaar soos dit kom. Die geld wat ek van die kerk kry is nie reelmatig nie, want soms is dit so, dat die kerk ook niks het nie. Ons het mos gewerk met lae salaris en daar was nie geld oor om te bere nie daarom het ons ook niks ingeploeg wat ons nou kan kry nie. As die kerk in staat is, dan gee die kerk mos so 600 of 500 N$. "Solank daar die lewe is, is daar hoop! Daarom is ons nog kop bo water. Die lewe het my gespaar en ek is daar." [Susanna Kooper explains that she has a "daughter", a girl which grew up in her house. She is now working in a bank in Swakopmund and is married to a leading police-officer in Windhoek. Kooper has a good relationship with her and she comes an visits her now and then and supports her. If the need is pressing she can allways turn to them and they will support her as far as possible.] Ek het in my werk nooit met Evangeliste te doen gehad nie, maar ek het saam met Evangeliste my opleiding in die Paulinum gehad. Ons was genoem "gemeentewerkster" en was nooit "Evangeliste" genoem. Ons as gemeentewerksters het gelyk gestaan met die Evangeliste. Ons het altwee dieselfde werk gedoen onder pastore destyds, maar ek glo dat ons as gemeentewerksters meer gedoen het omdat ons ook die diakonise werk ingesluit gehad het. Dit was by die Evangeliste nie, want hulle was mos manne, en manne is manne en vroue is vroue. Ons het die geluk gehad dat ons Bybelskool toe gegaan het en daar diakoniese werk geleer het. En dit was al in ons self, dat ons ook diakoniese werk moes doen. Toe ons as gemeentewerksters in die gemeente gewerk het, dan was die diakoniese werk daarby ingesluit. As ons ou mense besoek het, was dit mos ingesluit dat ons ook die ou mense gewas het en die huis uitgevee het, die dinge was mos by ons ingesluit. En dit was, sover ek weet, nie by die Evangeliste nie. Hulle het wel die huisbesoeke gedoen, maar nie die praktiese werk nie. Daar was eens op 'n tyd 'n wrywing in verband met die preekstoel. In die werk was daar so te se nie 'n veskil nie. Evangeliste is toe later toegelaat om die preekstoel te gebruik en ook om vir hulle talare te werk, wat wel anders gelyk het as die van die pastore. En daar was natuurlik die verskil in die salarisse. Eers het ons as gemeentewerksters nie die preekstoel gebruik nie, maar later nadat die Evangeliste die deurbraak gemaak het, het ook die preekstoel vir ons oop geraak. Toe het ons ook van die preekstoel af gepreek. Maar ons het nie talare gedra nie. Ek was 'n uitsondering op Leonardville. Net nadat ons ordinier is, het ons talare gedra. Married: 1988 with Andries Kooper. Father: Isak Kooper (from Gochas). Mother: Magret Kooper (from Rietfontein). Hulle het albei in die Kalahari gewerk en seker ook daar ontmoet. Hulle het in Koës skool toe gegaan. Susanna het haar man hier in Koës ontmoet. Children: Education: Other family members connected to RMS: Mission Stations: History with the RMS: